Op Saterdag, 21 Januarie, het ‘n groep van 17 dapper stappers Bainskloof betree. Die staptog was 9km lank vanaf Bainskloof se Eerste Tol tot onder by Tweede Tol. Die weer was sonnig en vuurwarm. Die roete het dié van die rivier gevolg – in sommige plekke is dit selfs nodig om deur die rivier te geswem het (met tekkies, rugsakke en al!). Dit was ‘n uitdagende stap wat baie klim en klouter oor rotse vereis het (‘boulder hopping’). Die roete neem jou verby verskeie pragtige swempoele en watervalletjies. By een van hierdie poele het ons gestop vir middagete. Ons het heerlik geswem en van die hoër klippe afgespring tot in die water. Alhoewel die son fel gebak het, was dit die perfekte dag om hierdie staptog aan te durf – die kinders het meer geswem as gestap! Dit was ‘n beeldskone roete, almal het hulself gate uit geniet en dit was die perfekte stap om 2023 mee af te skop.
Witterivier “Boulder Hopping” (21 Januarie 2023)
Elanie Poultney2023-02-17T11:43:27+02:00February 17th, 2023|Bergnuus|Comments Off on Witterivier “Boulder Hopping” (21 Januarie 2023)





