Johnson Hut 14-15 Oktober 2023
Saterdagmiddag so 14:30 val ek, Gerrit, Terence, Elanie en die twee seuntjies, Hugo en Hanno, in die pad na Lourensford om daarvandaan toegang te kry tot die hut. By die sekuriteitshek ontmoet Dave van Hottentots-Holland Afdeling ons om die sleutel te oorhandig. Ons ry deur die pragtige boorde, wingerde en aangeplante speldekussing- en protealande. [...]