Op die oggend van Sondag die 25ste Februarie het ons na
Silwermyn vertrek, vir die jaar se eerste rotsklim-ekspedisie.
Ek het besluit om die ekspedisie as ‘n beginnersvriendelike
geleentheid te raam, met die idee om die vreugdes van rotsklim te
deel en die uitbreiding van ons klub se gemeenskap aan te spoor
(en GLAD NIE omdat ek lanklaas geklim het nie…). Die reaksie was
oorweldigend positief, en so het ons uiteindelik ‘n “klein” groep van
15 geword.
Ons is begroet met ‘n kraakvars, koel en bewolkte oggend, met die
oorblyfsels van die vorige dag se reën wat nog aan elke bossie en
rots geklou het. Hierdie weer was ideaal vir klim, en het ‘n dag van
avontuur en ontdekking belowe.
Ná ‘n kort geskarrel na die Hoofmuur, het Eben my gehelp om twee
inleidende roetes op te stel waar ons die beginners deur die
basiese beginsels van die sport gelei het. Gelukkig het ‘n gesoute
klimmer van die Magaliesberg-afdeling ook bygewoon en ‘n derde
roete opgestel, wat vir ‘n paar gevorderde klimmers in die groep
voorsiening gemaak het.
Almal het ten minste een keer geklim en ‘n hele paar vrese is dié dag oorwin! Teen middag, toe moegheid ons
ledemate begin lam maak, het ons ingestem om klaar te maak, en alhoewel sommige van ons ‘n paar nuwe wonde
en bloukolle gehad het, was die konsensus dat dit ‘n suksesvolle en lekker dag was.
Ek wil graag vir Eben, Kristien en Francois bedank vir die hulp met die opstel van roetes, “belay” en die deel van hul
klim-kundigheid met die groep.

2024 Silvermine Rock Climbing
On the morning of Sunday the 25th of February, we set out to
Silvermine for this year’s inaugural rock climbing expedition.
I decided to frame the expedition as a beginner-friendly event, to
be able to share the joys of rock climbing and expanding our club’s
community (and NOT AT ALL because I haven’t climbed in quite
some time…). The response was overwhelmingly positive, and so
we ended up being a “small” group of 15.
We were greeted with a crisp, cool morning, still tinged with the
remnants of the previous day’s rain. This overcast sky promised
ideal climbing conditions, setting the stage for a day of adventure
and discovery.
After a short scramble to the Main Wall, Eben assisted me in
setting up two introductory routes where we proceeded to instruct
and guide our troop of first-time climbers through the basics of the
sport. Luckily for us, a seasoned climber from the Magaliesberg
section also joined and set up a third route that catered for a few
more advanced climbers in the group.
Everyone climbed at least once and quite a few fears were
conquered! By mid-afternoon, as fatigue began to settle into
weary limbs, we reluctantly agreed to call it a day, and although
some of us sported a few new battle scars, the consensus was
that everyone had an enjoyable time.
I would like to thank Eben, Kristien and Francois for assisting with
setting up routes, belaying and sharing their climbing expertise
with the group.