Kop in die wolke na die Cederberg se Tafelberg
Na n reënerige aandkamp aan die beginpunt van Welbedacht Kloof en 'n lekker sterk koffie, het 13 stappers na die kloof gestap en toe opwaarts begin beweeg. Dit was ysig koud, maar die natuur was vars en lieflik. Dit is altyd hemels om in die Cederberge te kan wees. Ons eerste teepouse was vanselfsprekend [...]
Agtertafelberg hut: Familienaweek (6 – 7 Mei 2023)
Dou-voor-dag (agtuur die oggend), ontmoet daar ‘n trop van ons mekaar by die Engen Wynland 1 Stop, op pad na die Paarl. ‘n Paar koppies koffie en tee later, en ons was reg om te vertrek - in ‘n konvooi bo-oor die Du Toitskloofpas na Fisantekraal plaas, waar die stap begin. Dis ‘n pragtige [...]
Tafelberg hut 24-25 Junie 2023
‘n Klein groepie dapper stappers het Tafelberg Saterdagoggend aangedurf. Die weer het bietjie sleg gelyk aan die begin, maar dit was toe eintlik ‘n pragtige windstil dag. Ons het heerlik teen Kasteelspoort uitgestap op pad na die Tafelberg hut toe. Eben het die hut oopgesluit en toe weer saam met Dwight (dankie!) afgestap om [...]
Kaaimansgat Gesinsnaweek (6-10 April 2023)
Paasnaweek lê voor en 6 gesinne is reg om te gaan naweek hou. Die Poultneys is die enigstes wat al Donderdagmiddag die pad na Kaaimansgat aangedurf het en Terence (ek dink taamlik verlig) het laat weet dat die X-Trail met die sleepwa die pad tot bo gemaak het. Hulle het hul tuisgemaak in die [...]
Stellendam Staproete 18-22 Maart 2023
Kliek hier om die volle artikel te lees.
Tafelberg “Mystery B on Left Face” (25 Februarie 2023)
Daar was toe net 3 brawe stappers (een onfikse leier, een kaalvoetkind en een nuwe lid) om Left Face te takel op ‘n pragtige Saterdagoggend. Die weer het mooi saamgespeel met min wind en die tafeldoek wat die son van ons rûe afgehou het, maar nie die uitsig belemmer het nie. Ons het die [...]
Heidi wandel weer in die Heksrivierberge: Thomas Hut
Soos enige kranige stapper jou sal vertel, is ‘n gebalanseerde stapsak een van die sleutels tot ‘n gemaklike stap. So, pasop as ‘n vriend die aand voor jou stap met twee bottels wyn by jou opdaag om te help met die balans hou... dit maak dat mens effe moeg en sonder “stap wyn” wakker [...]
Witterivier “Boulder Hopping” (21 Januarie 2023)
Op Saterdag, 21 Januarie, het ‘n groep van 17 dapper stappers Bainskloof betree. Die staptog was 9km lank vanaf Bainskloof se Eerste Tol tot onder by Tweede Tol. Die weer was sonnig en vuurwarm. Die roete het dié van die rivier gevolg - in sommige plekke is dit selfs nodig om deur die rivier [...]
Johnson’s Hut – Familie Stap Naweek (26-27 Nov 2022)
Na ‘n besige jaar teen pre-covid pas het ons met peuters, kleuters en die jonk van gees die Hottentotsberge aangedurf. Ons het Saterdagoggend via Lourensford landgoed die hut benader. Nadat ons vriendelik verwelkom is deur die Somerset wes klub en sleutel ontvang het was ons op semi 4x4 roete na hut toe. Mens kan [...]